Skip to content

Shichimi Togarashi (Japanese sewespesery)

RESEPTE

Shichimi Togarashi (Japanese sewespesery)

Hetta van Deventer-Terblanche

Bestanddele

1 teelepel rissievlokkies
1 teelepel wit sesamsaad, liggies gerooster
½ teelepel swart sesamsaad
½ teelepel fyngekapte nori (gedroogde seewier)
½ teelepel gedroogte lemoenskil of naartjieskil, fyn gekap
½ teelepel gemaalde Sansho-peper of Sichuan-peper
¼ teelepel gemmerpoeier

Metode

Meng al die bestanddele goed, en bêre in ’n klein lugdigte fles.
Sprinkel oor noedels, rysgeregte, sop, geroosterde vis, avokado, slaaie, groente.
Japanese Sansho-peper en Chinese Sichuan-peper gee aan Shichimi sy kenmerkende sitrusagtige aroma en ligte tintelende sensasie. As jy dit nie kan kry nie, kan jy ’n eenvoudige plaasvervanger gebruik:
¼ teelepel varsgemaalde swartpeper en ¼ teelepel fyn gerasperde gedroogde lemoenskil of naartjieskil.
Dit boots die hitte van peper en die sitrusaroma van Sansho redelik goed na. Die mengsel sal nie dieselfde tintelende effek hê nie, maar die geur bly baie naby aan die oorspronklike.

Deel nou

Deel nou