RESEPTE
Bring-'n-braaislaai
Willie Esterhuizen
Met erkenning aan die skepper van die slaai, die Mode en Leefstyl TikTokker, Lisa Gittins.
Bestanddele
130 g blaarslaai
350 g spanspek, in blokkies gesny
250 g halloumikaas
250 g spek, fyn opgesny
heuning-mosterd-slaaisous
Metode
Breek die slaaibare, en pak dit onder in ’n slaaibak.
Pak die spanspekblokkies bo-op.
Braai die spek tot bros, en strooi dit oor die spanspek en slaaiblare.
Sny die halloumi in repies, en braai tot bruin aan albei kante.
Sny dit in blokkies, en strooi oor die spanspek, spek en slaaiblare.
Voeg 4 of 5 eetlepels slaaisous bo-oor.
Wag dan vir komplimente van al die gaste...