Skip to content

Frik se gemmerkoekie-en-klapper vanielje roomys

RESEPTE

Frik se gemmerkoekie-en-klapper vanielje roomys

Frik de Jager

Bestanddele

1 bak (1,8 liter) vanielje roomys, ontvries
2 pakkies gemmerkoekies, fyn gemaal
2 koppies klapper, gebraai
1 blikkie klapperroom

Metode

Plaas die ontvriesde roomys in enige houer.
Verdeel die gemmerkoekies, klapper en roomys in 3 gelyke porsies.
Voeg ‘n derde van die gemmerkoekies onder in die roomysbak.
Skep ‘n derde van die roomys bo-oor, dan ‘n derde van die klapper, en dan ‘n derde van die roomys.
Herhaal die proses met die laaste van die roomys bo-op.
Vries oornag.
Bedien in skywe.
Verhit die klapperroom om bo-oor te gooi.

Deel nou

Deel nou