Kuns met kontant 1 April 2026
Deel 1: Hy is iemand wat nie net musiek hoor nie, maar dit sien. Waar die meeste van ons net klanke ervaar, sien hy note wat in die lug beweeg. Vir dekades lank by die SAUK en as hoof van musiek by RSG, het hy nie net self gespeel nie, hy het help besluit watter musiek luisteraars sou hoor. Agter elke noot lê die vraag: Hoe maak jy ’n lewe uit iets so ontasbaar soos musiek? En hoe bou jy finansiële sekerheid uit ’n wêreld van applous? Hoe maak jy finansiële sekerheid uit iets so vloeibaar soos musiek? En wat gebeur wanneer die applous stil raak? Henco Krugwe gesels met ’n man wat nie net musiek verstaan nie, maar wat sonder dat baie mense dit besef, ook die ekonomie van kreatiwiteit moes leer bemeester. Want talent skep inkomste, maar dit vat iets meer om dit oor ’n leeftyd te laat hou. Dit is Tinus Esterhuizen, beter bekend as Martin Lane.
