Skip to content

Frik se maklike gepekelde kerrievis

RESEPTE

Frik se maklike gepekelde kerrievis

Frik de Jager

6 porsies

Bestanddele

6 porsies stokvis, in stukke gesny
3 of 4 groot uie, in ringe gesny
750 ml bruinasyn
½ koppie suiker (of meer na smaak)
3 eetlepels matige kerriepoeier
1 eetlepel fyn koljander(of saad)
1 eetlepel borrie
1 eetlepel swartpeperkorrels
8 lourierblare
4 naeltjies
3 eetlepels mielieblom, aangemaak in ‘n bietjie water
1 koppie koekmeel
1 koppie sonneblomolie
sout na smaak

Metode

Geur die vis met sout, rol dit in meel en braai in vlak olie tot gaar en goudbruin.
Bring die asyn, suiker, speserye, lourierblare en uie tot kookpunt in ‘n groot kastrol.
Laat dit prut vir ongeveer 15 min tot sag.
Roer die aangemaakte mielieblom by, en kook vir nog ‘n paar minute om die sous te verdik.
Pak lae vis en uie in ‘n glasbak met ’n deksel, en gooi die warm sous bo-oor.
Laat dit afkoel, en plaas oornag in yskas.
Bedien koud.

Deel nou

Deel nou