Kuns met kontant: Coenraad Rall (Deel 1)
Hy is een van die mees gerespekteerde pianiste en musikale begeleiers in Suid-Afrika. Coenraad Rall is die man agter die klavier vir van Suid-Afrika se grootste kunstenaars. Hy is veral bekend vir sy jarelange pad saam met Amanda Strydom. Hoe bou ’n mens oor dekades ’n loopbaan in die kunste? Hoe oorleef ’n musikant finansieel in ’n wêreld van onsekere inkomste, feeste, produksies en applous wat nie altyd die rekeninge betaal nie? Coenraad Rahl praat oor hoe maklik dit is om net die applous raak te sien, maar agter elke noot en elke produksie lê daar jare van opoffering, dissipline en geloof in sy kuns.
