Skip to content

WAT GEBEUR

TOYOTA STELLENBOSCH WOORDFEES VIER 25 JAAR!

TOYOTA STELLENBOSCH WOORDFEES VIER 25 JAAR!

Verlede Gebeurtenis
11 Oktober 2025 - 19 Oktober 2025

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is ’n smeltkroes van uitdrukking en kultuur, wat jaarliks die diversiteit en invloed van die kunste in Stellenbosch saamsnoer. Met die 2025-tema, “deel”, vier ons 25 jaar van stories, samewerking en die kuns om mekaar se stemme hoorbaar te maak. Van 11 tot 19 Oktober word die Eikestad gevul met boeke, skrywers, teater, musiek, dans, kuns, films en meer, met meer as 400 produksies wat wys hoe wyd en diep ons kan deel. Hier is plek vir elke smaak, elke storie en elke mens. Kom wees deel van die jolyt, die gesprekke en die samesyn wat die Woordfees moontlik maak. Meer inligting by https://woordfees.co.za/

Deel nou