Skip to content

WAT GEBEUR

RSG Matriekafskeidsprojek in samewerking met Elizabeth Galloway Academy of Fashion

RSG Matriekafskeidsprojek in samewerking met Elizabeth Galloway Academy of Fashion

Komende Gebeurtenis
6 Julie 2026 - 19 Julie 2026

Weet jy van iemand wat graag hullw matriekafskeid in 2026 wil bywoon, maar nie ‘n rok of pak kan bekostig nie as gevolg van omstandighede?

RSG en Elizabeth Galloway Academy of Fashion wil die droom van 1 seun en 1 meisie ‘n realiteit maak met die RSG-Matriekafskeidsprojek!

Stuur jou nominasies na info@rsg.co.za met die volgende inligting:

  • Wie nomineer jy?
  • Wanneer is hulle matriekafskeid?
  • Nomineer jy ‘n meisie of ‘n seun?
  • Het jy hulle toestemming om hul storie te deel?
  • Skryf ook ‘n motivering van hoekom jy dink hierdie individu hierdie spesiale gebaar van welwillendheid verdien?

Jy kan ongelukkig nie jouself nomineer nie, en die individu se matriekafskeid moet plaasvind tussen 1 September 2026 – 31 Desember 2026.

Die sluitingsdatum is 19 Julie om middernag.

BEPALINGS EN VOORWAARDES

Deel nou