Skip to content

Ek twyfel

Potgooi

Ek twyfel

Ek twyfel… of daar vandag nog wonderwerke gebeur

Ek twyfel... of daar vandag nog wonderwerke gebeur

Kategorie: Ek twyfel2026-09-27

Gebeur wonderwerke vandag nog werklik, of het die era van bonatuurlike ingrypings lankal verbygegaan? Leon Geel praat hieroor met dr. Isak Burger.

Ek twyfel… of God my sal vergewe as ek verkeerde dinge doen

Ek twyfel... of God my sal vergewe as ek verkeerde dinge doen

Kategorie: Ek twyfel2026-09-20

Dit is moeilik om altyd die regte ding te doen. Voor ek weet, moet ek God om verskoning gaan vra, maar sal Hy aanhou om my te vergewe? Leon Geel praat hieroor met pastoor Vasti Burger van die AGS Echo-gemeente in Pretoria.

Ek twyfel… of God omgee oor lyding en swaarkry

Ek twyfel... of God omgee oor lyding en swaarkry

Kategorie: Ek twyfel2026-09-13

13 September 2026: As God goed is, hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense? Om ons is armoede, krissise waarin kinders en gesinne hulleself bevind, middelafhanklikheid, werkloosheid, geweld, misdaad en baie meer. Waarom so? Leon Geel praat met Hannes Noëth, skrywer en uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, oor swaarkry in die wêreld, en waar God hierin is.

Ek twyfel… oor dwelms – is ek Baas of Klaas?

Ek twyfel... oor dwelms – is ek Baas of Klaas?

Kategorie: Ek twyfel2026-09-06

Dwelms lyk dalk soos ’n maklike uitweg, ’n bietjie pret of ’n manier om in te pas – maar wie is eintlik in beheer? Is jy die baas van jou keuses, of begin die dwelms jóú baasraak? Die gemiddelde ouderdom waarop kinders in Suid-Afrika begin om dwelms te gebruik, het gedaal tot twaalf! Toonbankmedikasie is ‘n groot vlieg in die salf. Leon Geel praat met dr. Rodney Seale oor die gevare van dwelms.

Ek twyfel… of God ‘n plan met my lewe het

Ek twyfel... of God ‘n plan met my lewe het

Kategorie: Ek twyfel2026-08-30

30 Augustus 2026: Het jy al ooit gewonder of God ‘n plan met jou lewe het? Miskien voel en lyk jou toekoms onseker. Sowat 80% van mense ervaar gereeld stres oor die toekoms, finansies en persoonlike doelwitte. Leon Geel praat hieroor met dr. Gustav Gous.

Ek twyfel… aan ‘n lewe ná die dood

Ek twyfel... aan ‘n lewe ná die dood

Kategorie: Ek twyfel2026-08-23

23 Augustus 2026: Mense wonder oor wat ná ons afsterwe met ons gebeur. Vir baie is dit moeilik om iets te glo wat jy nie kan sien of verstaan nie. Hierdie onderwerp raak almal en, of jy glo in ‘n lewe na die dood of nie, dit laat jou nadink oor die waarde van jou lewe. Leon Geel praat hieroor met dr. Isak Burger.