Ek twyfel... EK TWYFEL OOR WAAROM GOD SLEGTE DINGE MET GOEIE MENSE LAAT GEBEUR
12 Julie 2026: Het jy al gewonder waarom slegte dinge met goeie mense gebeur? Waarom keer God dit nie? Die lewe is nie soos ‘n wiskundesom wat ons kan uitwerk nie, bloot omdat ons die God wat ons aanbid nie soos ‘n wiskundesom kan uitwerk nie. Selfs vir Paulus met die “doring in sy vlees,” het God gesê: “My genade is vir jou genoeg.” Die twyfel oor waarom God toelaat dat slegte goed met goeie mense gebeur, word indringend bespreek deur Leon Geel en ds. Jan Botha.
