Anna Nel van Vastrap
Haidee Muller-Isaacs was onlangs op Ceres waar sy ‘n paar plaasvroue toegespreek het op Vrouedag. Daar het haar paaie gekruis met Anna Nel van Vastrap. Dié het daar aangekom met ‘n boksie uie as geskenk, want haar wêreld se uie is die beste – vars uit die grond uit.
