Jufrou Cynthia floreer ondanks teenkanting
Destyds, toe sy in haar vroeë veertigs ‘n pos as hoof van ‘n laerskool op Heidelberg gekry het, is daar omtrent gegons en gefrons. Haidee Muller-Isaacs hoor Cynthia Roberts het haar goed van haar taak gekwyt, ten spyte van die teenkanting.
