Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Help: Goue Aar Tehuis, Malmesbury

RSG Help: Goue Aar Tehuis, Malmesbury

Kategorie: Spitstyd2026-09-29

Die Goue Aar Tehuis versorg 72 bejaardes. Hulle hou op 23 Oktober ’n fondsinsamelingsgholfdag by die Malmesbury Gholfklub. Die inskrywings sluit 5 Oktober. Die doel is om broodnodige fondse in te samel om die tehuis aan die gang te hou en seker te maak dat inwoners steeds die sorg, veiligheid en waardigheid kry wat hulle verdien. As ’n gesubsidieerde tehuis is daar egter voortdurend ’n behoefte aan ekstra ondersteuning om goeie versorging te kan handhaaf en die koste vir inwoners so bekostigbaar moontlik te hou.