AANBIEDERS
AJ Maree
AJ Maree is ‘n wiskunde-onderwyser, koordirigent en musiekliefhebber. Nadat hy sy graad in Aktuariële Wiskunde voltooi en ‘n kortstondige draai in die korporatiewe wêreld gemaak het, het hy heel toevallig in die klaskamer beland. Sedert 2010 hou hy skool by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, en sedert 2016 rig hy ook die skool se koor, die Rooidasse, af. As ‘n gereelde spreker by koorseminare en wiskunde-onderrig-kongresse deel hy graag sy entoesiasme en ervaring, met die hoop om ‘n blywende verskil in die lewens van jongmense en kollegas te maak. Musiek is die hartklop van AJ se lewe. Hy is veral lief vir koor- en klassieke musiek en staan in verwondering oor die manier waarop geestelike musiek ‘n mens tot stilstand kan bring – musiek wat ruimte laat vir nadenke, verwondering en emosie.