SEESKULP deur Marius de Bruyn
Seeskulp ondersoek ’n onverwagse vriendskap en die geheime wat mense van mekaar weerhou. Die gedruis van die see, alledaagse klanke, musiek en stilte skep ’n luisterwêreld waarin werklikheid en verbeelding inmekaarvloei. Dit is ’n verhaal oor broosheid, aanvaarding en wat gebeur wanneer ons werklik na mekaar luister. Eleanor, ’n letterkundedosent met ’n terminale breingewas, ontmoet Jonathan, ’n eksentrieke jong student, wat ’n roman skryf. ’n Komplekse vriendskap ontwikkel. Hy vertel haar van sy boek, en sy maak oop oor haar onsekere toekoms. Dan rig Eleanor ’n vreemde versoek aan Jonathan wat albei se lewe ingrypend verander… Die regisseur is Luan Jacobs. Die spelers is Mandi du Plooy Baard, Donovan Peterson, Charlie Bougenoun, Lizelle Pike, Erin Patience en DeWaal Stemmet.
