HALFPAD DAAR deur Sophia van Taak
Retha, ’n vrou in haar veertigs, voel oorweldig deur werksdruk en verwagtinge. Terwyl haar tydgenote se lewens gevestig en gelukkig lyk, spartel sy om die huur te betaal. Sy begin oor haar lewenskeuses twyfel en moet ’n uitweg uit haar emosionele vasgelooptheid vind. Die spelers is Erica Wessels, Andre Terblanche, Nienke Geldenhuys, Ansu van der Sluys, Dirk Stolz, Èmil Haarhoff en June van Merch. Die regisseur is Sophia van Taak.