Skip to content

POTGOOISNITTE

Kuns met kontant: Armand Steenkamp (Deel 1)

Kategorie: Spitstyd 2026-11-25

In die Boesmanland en Namakwaland leer ’n mens vroeg in jou lewe dat jy nie reën kan bestel nie. Jy moet die goeie jare benut en die droë jare kan oorleef. Eintlik werk die musiekbedryf nie veel anders nie. Liedjieskrywer en storieverteller Armand Steenkamp se wortels lê diep in die Namakwaland – ’n wêreld van lang grondpaaie, min reën, besonderse karakters en stories wat rondom die braaivleisvuur vertel word. Dit is juis hierdie mense, plekke en ervarings wat die stofmateriaal vir sy musiek geword het. Vir die afgelope 16 jaar verdien Armand voltyds sy brood as sanger, met liedjies wat dikwels met humor, heimwee en ’n besondere waardering vir die eenvoud van die lewe gevul is. Hy gesels oor wat die Boesmanland hom geleer het van finansiële oorlewing, hoe ’n mens vir 16 jaar jou brood in ’n onvoorspelbare bedryf verdien, en hoe die stories waarmee jy grootgeword het, uiteindelik jou grootste bate kan word. Soms is dit juis die stories wat in die droogste grond gebore word, wat die verste reis.