Absa: In voorspoed en wat ook al (Deel 5)
Die drama duur voort in For Better or for Whatever, en vandag loer ons weer by die Scotte en Nkosis in, terwyl ons kyk na ‘n paar van die skelmstreke wat jou geld en jou persoonlike inligting in gevaar kan stel. Swartvrydag en Kubermaandag is om die draai, en Absa help jou om jou geldsake te bestuur en te beskerm sodat jy met trots kan sê: “I grew it”. Ina Steyn, Hoofbedryfsbeamptevan die Hoofsekuriteitskantoor by Absa, sluit by ons aan. Ons kyk na van die skelmstreke in die reeks, en vind uit hoe bedrieërs mense om die bos lei om hulle swaar verdiende geld en persoonlike inligting te deel, veral met Swartvrydag en Kubermaandag om die draai. Skakel of WhatsApp Absa by 0860-557-557 om ’n voorval aan te meld.