Almal en nog wat: 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders
Tatum Rose was in ’n huwelik waarin sy fisiek, emosioneel en seksueel mishandel is. Daar het ’n dag gekom toe sy besef het dat sy nie net haar eie lewe nie, maar ook dié van haar kinders moes beskerm. Vandag het Tatum haar eie onderneming, en vertel sy haar verhaal in die hoop dat ander vroue wat dalk in soortgelyke omstandighede vasgevang is, sal besef dat daar ’n uitweg is.