Skip to content

POTGOOISNITTE

KRAAINES deur Madeleine Venter

Kategorie: Radioteater 2026-11-26

Een ontdekking lei tot ’n soektog waarin die verlede telkens nuwe draaie met die hede loop. Vir Ronel begin alles wanneer sy haar oorlede pa se besittings oppak. Tussen dit wat agterbly, ontdek sy ’n brief wat jare tevore aan hom gestuur is. Die inhoud van die brief laat haar met vrae waarvoor sy nie meer by hom antwoorde kan kry nie. Sy besluit om self verder ondersoek in te stel. Saam met haar gewese verloofde, Caleb, vertrek sy na die adres van waar die brief gestuur is. Wat daar op haar wag, is egter veel ingewikkelder as ’n eenvoudige verduideliking. Hoe meer sy probeer uitpluis, hoe dieper raak sy verstrengel in geheime en leuens wat oor geslagte heen bewaar is. Die spelers is Karin Wessels, Kobus Venter, Ria Smit, Kim Cloete, Elzette Maarschalk, Izel Bezuidenhout en Kevin Dimitri Smith. Die regisseur is Johny Klein.