Potgooi
Floreer of krepeer
8 Augustus 2024
Om ‘n kind aan die dood af te staan, is seker een van die ergste dinge wat met ‘n ouer kan gebeur. Alida Venter het twee kinders binne 14 maande van mekaar begrawe, en toe besluit om ‘n padveiligheidsaktivis te word. Sy het die organisasie, DRIVE MORE SAFELY, gestig, Haar werk om padsterftes te verminder, is selfs benoem vir ‘n internasionale toekenning. Sy praat prontuit oor hoe hierdie tragedie haar geloof geraak en haar gesin laat verbrokkel het, maar uiteindelik ook vir haar ‘n splinternuwe lewensdoel gegee het.
Floreer of krepeer
8 Augustus 2024
Die skrywer, Madelein Rust, is ‘n sprekende voorbeeld daarvan dat jou omstandighede nie jou lewensuitkyk hoef te bepaal nie. Sy gesels oor die belangrikheid van dankbaarheid, geloof en ‘n sin vir humor, en hoe dit haar veerkragtigheid bevorder. Sielkundige Jolynne du Randt verduidelik hoe die hou van ’n joernaal, wat ook ‘n dankbaarheidsjoernaal insluit, jou veerkragtigheid kan versterk.
Floreer of krepeer
8 Augustus 2024
Watter kans het ‘n kind wat in ‘n tronk gebore is, om ‘n normale lewe te lei? Felicia Goosen, skrywer van PRISON CHILD, is in ‘n tronk in Thailand gebore tydens haar ma Vanessa se aanhouding. In ‘n opvolg op die gesprek met Vanessa, vertel Felicia van die verreikende invloed wat haar ma se lewe op haar jong lewe gehad het. Kliniese sielkundige Jolynne du Randt gesels oor hoe ouers veerkragtigheid by hulle kinders kan bevorder, en hoekom dit so belangrik is.
Floreer of krepeer
8 Augustus 2024
Die lewe is vol uitdagings en swaarkry, en al het ons nie altyd ‘n keuse oor dit wat met ons gebeur nie, kan ons kies hoe ons daarop reageer. Kies jy om aan te pas en aan te hou probeer, of gooi jy tou op? Dis presies die keuse wat Vanessa Goosen moes maak toe sy in ‘n tronk in Thailand beland het, waar sy uiteindelik meer as 16 jaar aangehou is. Terug by die huis is haar veerkragtigheid ook telkens getoets. Sy vertel haar inspirerende verhaal vir Ilse Salzwedel. Lees Vanessa se verhaal in DWELMSLAGOFFER: SESTIEN JAAR IN 'N THAI-TRONK (deur Joanne Joseph).
Floreer of krepeer
8 Augustus 2024
Leonise Joubert van Vivo in Limpopo praat openhartig oor die wrede plaasaanval en verkragting, wat haar en haar man Chris en hulle geliefdes se lewe vir altyd verander het. Leonise het uit haar hospitaalbed gepleit dat die aanval nie op ‘n rassekwessie moet uitloop nie, en vertel ‘n aangrypende verhaal van ‘n gemeenskap se omgee en die genesing wat vergifenis, hoop en liefde bring.
Floreer of krepeer
8 Augustus 2024