Skip to content

My mooi dorp

Potgooi

My mooi dorp

Die program is daarop gemik om dorpe in ons land te help – deur aanmoediging, aansporing, inligting en bemagtiging – om model-dorpe te word.

My mooi dorp 26 Maart 2023

My mooi dorp 26 Maart 2023

Kategorie: My mooi dorp2023-03-26

‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te verbeter.

My mooi dorp 19 Maart 2023

My mooi dorp 19 Maart 2023

Kategorie: My mooi dorp2023-03-19

Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap – ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou wat 16 mense in diens geneem het met ’n tandem- en organiese boerdery.

My mooi dorp 12 Maart 2023

My mooi dorp 12 Maart 2023

Kategorie: My mooi dorp2023-03-12

Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hulle is inderwaarheid “public servants” wat vir die gemeenskap werk.

My mooi dorp 5 Maart 2023

My mooi dorp 5 Maart 2023

Kategorie: My mooi dorp2023-03-05

Maak doodseker dat jy ’n goeie installeerder vir jou huis of sakeonderneming se sonkragstelsel kies, want dinge kan skeefloop as een van die honderde nuwe ‘installleerders’ wat oornag opgeskiet het, met jou elektrisiteitswisselstrome karring.

My mooi dorp 26 Februarie 2023

My mooi dorp 26 Februarie 2023

Kategorie: My mooi dorp2023-02-26

Moeg vir beurtkrag? Oorweeg jy ’n sonkragstelsel? Watter sonpanele moet jy kies? En watter battery? ’n Kenner verduidelik wat die opsies is, en hoekom sekere keuses beter as ander is.

My mooi dorp 19 Februarie 2023

My mooi dorp 19 Februarie 2023

Kategorie: My mooi dorp2023-02-19

’n Klompie vroue in Knysna het besluit die dorp moet skoner en mooier wees. Hulle stig toe Revive Knysna. Nou is parke en tuine al mooi gemaak, die stasie en ander geboue opgeknap en kan mens die verskil sien. Ons gesels ook verder met Kallie Kriel oor sonpanele en ander aksies waarby Afriforum betrokke is.