Skip to content

Spitstyd

Potgooi

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!

Almal en nog wat: Papier- en dokumentrestoureerder

Almal en nog wat: Papier- en dokumentrestoureerder

Kategorie: Spitstyd2026-10-22

Elke ou historiese dokument, handgeskrewe brief of kunswerk op papier dra ’n storie. Suzanne Louw is ’n geakkrediteerde papier- en dokumentrestoureerder van Gqeberha. Sy spesialiseer in die bewaring en restourasie van papiergebaseerde erfenisstukke, kunswerke, historiese manuskripte, kaarte en argiefmateriaal. https://suzanneslouw.wixsite.com/paperconservator

Absa: In voorspoed en wat ook al (Deel 3)

Absa: In voorspoed en wat ook al (Deel 3)

Kategorie: Spitstyd2026-10-22

Die drama duur voort in For Better or for Whatever, en vandag loer ons weer by die Scotte en Nkosis in, terwyl ons kyk na ‘n paar van die skelmstreke wat jou geld en jou persoonlike inligting in gevaar kan stel. Skelmstreke kan enige plek en met enigiemand gebeur. Sien die tekens raak, wees op jou hoede en skakel of WhatsApp Absa by 0860 557 557 om ’n voorval aan te meld. Ina Steyn, die hoofbedryfsbeampte by ABSA se hoofsekuriteitskantoor sluit by ons aan.

Kuns met kontant by die Woordfees (Deel 2)

Kuns met kontant by die Woordfees (Deel 2)

Kategorie: Spitstyd2026-10-21

Wat het ’n Springbok, ’n sanger, ’n aktrise en die skandaal van Markus Jooste en Steinhoff met mekaar gemeen? Op die Kuns met Kontant-bank in die RSG-vierkant by die Toyota Stellenbosch Woordfees het vier uiteenlopende wêrelde bymekaargekom – Rugbyheld en sakeman Kobus Wiese, sanger en storieverteller Jak de Priester, aktrise Elzabé Zietsman en skrywer James Styan, wat die donker geheime agter Markus Jooste en die Steinhoff-skandaal oopvlek. Van die rugbyveld tot die sakewêreld, van die verhoog tot een van Suid-Afrika se grootste korporatiewe skandale. Wat dryf mense om sukses na te jaag? Wat kos dit om bo uit te kom? En wanneer verander gesonde ambisie in vernietigende gierigheid? ‘n Opname van ‘n regstreekse, onthullende en soms skreeusnaakse gesprek oor geld, roem, risiko en die ware prys van sukses. Want om sukses te behaal is een ding. Om te weet wanneer jy genoeg het, is iets heeltemal anders.

RSG Help: Solidariteit Helpende Hand se Broodnodig-projek

RSG Help: Solidariteit Helpende Hand se Broodnodig-projek

Kategorie: Spitstyd2026-10-20

Kinders se veiligheid is BROODNODIG. Deur Ons Plek se Broodnodig-projek te ondersteun verseker jy ‘n veilige en voorspoedige toekoms vir ons kinders. Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek-Kleuterskole en Naskoolsentrums bied daagliks aan honderde kinders ‘n veilige plek waar hulle liefde, versorging en voedsame etes ontvang, asook die geleentheid gebied word om hul volle potensiaal te bereik. Jou eenmalige of maandelikse bydrae, groot of klein, kan ‘n kind se lewe verander https://helpendehand.co.za/donasie-aan-ons-plekke-en-sentrums/donasie/

Almal en nog wat: Gian Groen

Almal en nog wat: Gian Groen

Kategorie: Spitstyd2026-10-15

Willem Pelser gesels met Gian Groen oor liedjieskryf en KI-musiek.

Kuns met kontant by die Woordfees (Deel 1)

Kuns met kontant by die Woordfees (Deel 1)

Kategorie: Spitstyd2026-10-14