Skip to content

Stemme van hoop

Potgooi

Stemme van hoop

Stemme van hoop

8 Augustus 2024

In die 14de aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis. Hulle kyk terug oor die 14 weke se gesprekke en fokus op die hoop wat in die reeks opgesluit is.

Stemme van hoop

8 Augustus 2024

In die 13e aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis en Sielkundige, Quintin Adams oor ‘n veilige omgewing vir ons kinders. Die gesprek fokus op veilige gesinne en omgewings vir ons kinders. Ds. Melanie Thirion vertel ook van die werk van Little Seeds in die Wes-Kaap.

Stemme van hoop

8 Augustus 2024

In die 12e aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis en Ds Schalk van Heerden van die Fontainebleau Gemeenskapskerk in Johannesburg oor hoe ons die verskil kan wees vir ‘n beter samelwing. Die gesprek fokus op hoe gelowiges verhoudings kan bou. Oudminister, Roelf Meyer deel ook sy gedagtes oor die rol van die Burgerlike samelewing.

Stemme van hoop

8 Augustus 2024

In die 11e aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis en Professor Ernst Conradie oor Eko Teologie in die lig van klimaatsverandering. Die gesprek fokus op hoe gelowiges oor die ekologie moet dink. Ons hoor ook van Meester tuinboukundige, Dr Ernst van Jaarsveld, oor hoe ons met die natuur moet en kan omgaan.

Stemme van hoop

8 Augustus 2024

In die 10de aflewering van Stemme van Hoop gesels Lizelle de Bruin met Dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis en Ds. Pieter Grove van die Serepta VGK gemeente oor Restitusie wat meer as net grondhervorming is. Die gesprek fokus op die verstaan van die rol van die burgerlike samelewing vir die her-opbou van die land. Ons hoor ook van Theo De Jager, die hoof van SAAI (Southern African Agricultural Institute) oor hulle siening van Restitusie.

Stemme van hoop

8 Augustus 2024

Lizelle de Bruin praat met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis, en Gregory Modungwa van Unashamedly Ethical oor hoe ons kan help bou aan sterker instellings soos families en skole. Ons hoor ook van pastoor Lazarus Makwena van Genadeland oor die opleiding wat hulle verskaf.