Skip to content

Suksesstories

Potgooi

Suksesstories

Suksesstories

8 Augustus 2024

Lizma van Zyl kuier in die Noord-Kaap waar Hester Maasdorp boer. Sy moes ‘n lang en moeilike pad stap om haar droom te bewaarheid om haar eie veeplaas te hê. Hester vertel van die uitdagings in dié geharde wêreld. ‘n Vriendin en kollega getuig van die besonderse mens wat Hester is met stories soos net die Noord-Kapenaars kan vertel.

Suksesstories

8 Augustus 2024

Lizma van Zyl gesels met vier vroue wat vir niks terugstaan wanneer dit by diereredding kom nie. Hulle bevind hulleself dikwels in gevaarlike omstandighede, maar red en rehabiliteer sover hulle gaan. Dis nie altyd net honde en katte wat aan die ontvangkant van hulle hulp en ontferming is nie. Van hierdie vroue se uitreikwerk strek selfs sover as voedingskemas vir kinders in gebiede waar kos skaars is.

Suksesstories

8 Augustus 2024

Lizma van Zyl gesels met ‘n ouerpaar van Kaapstad, wat alles in die stryd werp om hulle sewejarige dogtertjie se gesondheidsprobleme te oorkom.

Suksesstories

8 Augustus 2024

Hulle is albei die eerste lede van hulle familie wat universiteitsopleiding ontvang, en hulle gryp die geleentheid met beide hande aan. Lizma van Zyl gesels met twee uitblinkerstudente van die Universiteit van die Vrystaat. Chanel Lewis en Jade Hastings deel hulle uitdagings, en hulle dinamiese dosent vertel wat dié twee beskeie jongmense so besonders maak.

Suksesstories

8 Augustus 2024

Die organisasie se naam is sinoniem met hulpverlening, en lankal nie meer nét in Suid-Afrika nie. Lizma van Zyl gesels met die stigter en voorsitter van Gift of the Givers, dr. Imtiaz Sooliman. Hy vertel hoekom hy en sy span dikwels hulle eie lewe in gevaar stel om ander te help, soos onlangs toe hy en sy span in Turkye en Sirië was waar aardbewings verwoesting gesaai het. Lizma gesels ook met mense wat al aan die ontvangkant van dié organisasie se vinnige en doeltreffende ingryping was.

Suksesstories

8 Augustus 2024

Lizma van Zyl kuier by beradingsielkundige Hendrie Viljoen van die Paarl. Hendrie gee raad vir mense wat voor groot uitdagings staan, en dalk nie nou die lig op die pad vorentoe sien nie. Hy verduidelik onder meer hoekom dit so belangrik is dat ons veral in moeilike tye uitreik na ander mense.