Skip to content

Uit ‘n ander hoek

Potgooi

Uit 'n ander hoek

Daar word eerlik en reguit oor geloof gesels, en nie geskroom om minder bekende en selfs uitdagende denkrigtings oor geloof en spiritualiteit te ondersoek nie.

Uit 'n ander hoek

8 Augustus 2024

Hoe belangrik is ʼn oop gesprek oor geloof, en wat is die voorwaardes vir ʼn sinvolle openbare gesprek oor religie? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die filosoof prof. Louise du Toit van die Universiteit Stellenbosch en ʼn voormalige NG predikant dr. Ben du Toit.

Uit 'n ander hoek

8 Augustus 2024

Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe die toekoms van geloof of spiritualiteit lyk ná Covid-19, en hoe die pandemie mense se spiritualiteit beïnvloed? Sy gaste is die toekomskundige, dr. Piet Muller, en die geestelike leier, dr. Abel Pienaar.

Uit 'n ander hoek

8 Augustus 2024

Is elke woord in die Bybel letterlik waar, en hoe moet mens die Bybel in die regte konteks lees? Jean Oosthuizen praat met die Ou-Testamentici, prof. Louis Jonker en dr. Gerda de Villiers, oor die teenstrydighede in die Bybel.

Uit 'n ander hoek

8 Augustus 2024

As godsdiens veronderstel is om na vrede te streef, waarom is daar dan so baie godsdiensgeweld in die wêreld? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die godsdienskenners proff. Farid Esack en Willie Esterhuyse uit ʼn Christelike- en Moslem-perspektief.

Uit 'n ander hoek

8 Augustus 2024

Die digters Lina Spies en Daniel Hugo vertel waarom wil hulle nie bekendstaan as Christelike digters nie. Jean Oosthuizen wil by hulle weet wat die verskil is tussen Christelike gedigte en religieuse of geestelike gedigte.

Uit 'n ander hoek

8 Augustus 2024

Wat is die nut van gebed in die moderne tyd? Waarvoor bid mens vandag, en is daar iets soos gebedsgenesing? Dit is van die vrae waaroor Jean Oosthuizen met sy gaste, die teoloë prof. Hansie Wolmarans en Terblanche Jordaan gesels.