Skip to content

Charl van Heyningen

AANBIEDERS​

Charl van Heyningen

Charl het reeds op skool met sy sangloopbaan begin en verskeie kunswedstrydpryse gewen. In matriek het hy sangopleiding by prof. Werner Nel begin en later in München by prof. Hanno Blaschke voortgesit. Op 21 maak hy sy operadebuut en vertolk daarna verskeie hoofrolle as liriese bariton. Sy debuutalbum Maskers (1998) lewer ’n SAMA-nominasie op, gevolg deur drie bekroonde albums en produksies soos A Touch of Webber and a Taste of Rice en Hooked on Swing.

Tussenin verwerf hy ’n regsgraad en verskyn in verskeie TV-reekse. Charl is tans een van Suid-Afrika se voorste klassieke musiekimpresarios en bring wêreldkunstenaars soos Bryn Terfel en Joshua Bell na plaaslike gehore. Hy bevorder ook kontemporêre kunstenaars soos Il Divo en Tori Amos. As administrateur, vervaardiger en stemkunstenaar is sy invloed wydverspreid. Hy was direkteur van die Sentrum vir Musiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy woon in Somerset-Wes saam met sy vrou Rachel en hul drie kinders.

Deel nou