AANBIEDERS
Jody Hendricks
Jody Hendricks is sedert 2013 betrokke by RSG as regisseur en aanbieder. Hy werk aan RSG Sport, Monitor en is die stem agter Rand-en-Sent. Sy werk is reeds bekroon met verskeie toekennings, insluitend ATKV-Mediaveertjies en SAB Sport-toekennings.
Buiten radio doen Jody ook televisie- en skryfwerk. In 2023 was hy deel van ’n groep wat ’n boek gepubliseer het. Wanneer hy nie in die media werksaam is nie, help hy by die familieonderneming. Jody is lief vir reis en het al meer as 25 lande besoek. Hy spandeer graag tyd saam met familie en vriende.