Skip to content

Shahieda Carlie

AANBIEDERS​

Shahieda Carlie

Shahieda is ’n kliniese sielkundige met ’n meestersgraad en ’n privaatpraktyk in Kaapstad. Sy benader haar werk vanuit ’n geloofsoogpunt wat beide Islam en Christenskap insluit.

Vir haar is dit ’n sielsberoep, ’n roeping om “seer harte gesond te maak... met God se krag.” Sy is sedert 1982 aktief in die media en het onder meer by Radio Goeie Hoop, SABC2 en later RSG gewerk.

Sy sien dit as ’n eer om met RSG se luisteraars te gesels en glo dis ’n geleentheid om mense nader aan mekaar te bring. Shahieda leef met die oortuiging dat ons harte sag moet wees om ander met liefde, genade en mooipraat te bereik. Sy beskryf haarself as ’n mense-mens wat alles waardeer wat God geskep het. Haar gunstelingkos is braaivleis, sy luister graag na smooth jazz, veral Peter White, en geniet inspirasie uit films soos The Pursuit of Happyness en boeke soos Today Matters van John Maxwell.

Deel nou