AANBIEDERS
JJ Roberts
JJ is ’n storieverteller in murg en been. As akteur, skrywer, regisseur, stemkunstenaar en nou ook aanbieder en samesteller van Kortom, leef hy sy liefde vir stories ten volle uit.
Wat hom die meeste van radio fassineer, is hoe klank ’n hele wêreld kan oopmaak,een waarin die verbeelding vlerke kry.
Sedert sy kinderdae, toe televisie nog skaars was, het hy stories ontdek deur saam-lees- en- luisterbande, langspeelstorieplate en veral RSG, sy eerste venster na ander wêrelde. Hy glo die lewe is al bitter genoeg, daarom drink hy sy koffie soet en romerig. In sy vrye tyd versamel en publiseer hy dramatekste. Dit is ’n stokperdjie wat hom boei omdat dit hom die verskillende maniere wys waarop skrywers hul stories vertel.