Skip to content

Esté de Klerk

AANBIEDERS​

Esté de Klerk

Esté het in die Kalahari met haar oor teen die radio grootgeword. Behalwe vir ‘n droom om ‘n professionele ballerina te word, was joernalis die enigste ander professie wat sy ooit wou beoefen. Sy is mal oor reis, vervaardig dokumentêre reekse, glo in goedheid en hoop.

Haar familie, naaste vriende en vierpotige kind, Lucy, lê diep in haar hart en laat haar dikwels skaterlag. Sy is reeds die afgelope 25 jaar ’n joernalis, vervaardiger en aanbieder in radio en televisie, en het ook as joernalis in die gedrukte media gewerk. Sy sluit in 2019 aan by RSG se aktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum, Brandpunt en Naweekaktueel.

Deel nou