AANBIEDERS
Henco Kruger
Henco Kruger leef sy passie vir mense, sake en finansies op RSG uit. Hy is die aanbieder van Kuns met Kontant, waar hy die kruispad tussen geldsake en die vermaaklikheidswêreld verken. Buiten sy RSG-werk is hy nuusleser op SABC 3, seremoniemeester, gespreksfasiliteerder en mediakommentator, bekend onder die troetelnaam Henco met ’n C. Die “C” staan nie net vir sy naam nie, maar ook vir cents, capital, cappuccino en charcoal.
Hy is dol oor goeie koffie en geniet dit om saam met vriende langs die vuur te kuier met cheddarkaas, ’n glas chardonnay en ondersteuning vir sy gunstelingrugbyspan, die Cheetahs. Henco het finansiële kwalifikasies en ’n liefde vir kommunikasie. In sy vrye tyd droom hy daarvan om weer die Visrivier-canyon of die Comrades te trotseer. Hy verkies egter tans rustiger tye saam met sy gesin in sy gunsteling Oos-Kaapse dorpie, natuurlik een wat met ’n C begin.