AANBIEDERS
Mari Molefe van Heerden
Mari is die inhoudsvervaardiger van Intussen. Sy sorg vir al die inhoud, onderhoude en al die lekker Tameletjie-vrae. Sy is hardwerkend en sit nie sommer stil nie. Naweke geniet sy dit om rekenaarspeletjies te speel waar sy in die magiese wêreld kan verdwyn.
Sy hou van kosmaak, en om nuwe disse te probeer maak, maar moet asseblief net nie vir haar avokadopeer gee nie, want dit is een van die dinge wat sy glad nie eet nie. Haar hart word gevul deur kosbare oomblikke met vriende en familie, of ‘n lekker blokkiesraaisel. Sy is ook ‘n stemkunstenaar op verskeie platforms, en vervaardig haar eie films wanneer sy tyd kry. Mari is soos hulle sê: klein botteltjie, groot gif!