Skip to content

Sue Pyler-Slabbert

AANBIEDERS​

Sue Pyler-Slabbert

Sue is ‘n teeliefhebber, wat baie koffie drink en wens dat sommige dae meer as 24 ure het. Sy is deesdae ‘n voltydse oorklankingsregisseur en stemkunstenaar vir eTV, Multichoice en Showmax. Soms is sy voor die kameras om bietjie TV-aanbieding te doen, maar andersins hou sy die land Dinsdagaande en naweke geselskap op RSG. As die stem van Netwerk24, moet ‘n naam soms aangepas word, so sy is omtrent elke dag in ‘n ateljee.

Haar ander groot liefde is jongmense, en sy is al vir ‘n paar jaar hoofbeoordelaar vir die Huisgenoot Eisteddfods en vele ander organisasies (wat geheim moet bly). Sy’s ‘n teaterkind en sal altyd naby ‘n verhoog wees, mits sy nie self op die verhoog is as seremoniemeester nie. Sy ruim genoeg tyd in vir haar man en twee hondekinders, Miss Vicky die Chihuahua, en Ragnar, die Deense hond. Waarskuwing: Moenie met haar skoor soek nie, sy’t ‘n swart belt in karate!

Deel nou