Skip to content

Hazel Janse van Rensburg

AANBIEDERS​

Hazel Janse van Rensburg

Hazel is op Dinsdae en Donderdae aanbieder die jeugprogram, Kompas. Sy sê radio het haar gekies, en nie andersom nie. Met ’n agtergrond in musiek en televisie, bring sy vars energie en passie na die eter. Wanneer sy nie agter die mikrofoon is nie, is sy waarskynlik in die natuur of ’n kwekery, daar is immers altyd plek vir nog plante in haar Kaapstadse woonstel.

Sy is lief vir lees, skryf en diere, behalwe krokodille! Hazel droom daarvan om gorillas in Tanzanië, Rwanda of Uganda van naby te sien. Haar belangstelling in holistiese gesondheid dryf haar passie om jongmense te help met praktiese insigte en kennis vir die lewe. Sy glo niks gebeur toevallig nie, elke ervaring dra by tot groei.

Deel nou