AANBIEDERS
Ettienne Ludick
Ettienne is ‘n avontuurlustige musiek- en sportliefhebber, wat vas glo dat ouderdom slegs ‘n getal is en glad nie bepaal wie jy is of waartoe jy in staat is nie. Sedert die begin van sy loopbaan toets hy gereeld die grense , en weier om “die standaard” te aanvaar, want uitsonderlik is tog soveel lekkerder!
As ‘n pa van twee bedrywige seuns is Ettienne gereeld in sy vrye tyd of langs ‘n hokkie-astro as sy oudste speel, of betrokke by kitaar- en kunsklasse van sy jongste. Wanneer dit klaar is bederf hy en sy vrou hulself gereeld met ‘n eg Suid-Afrikaanse braai, of ‘n “ietsie anders” kosmaaksessie of ‘n lekker kuier saam met goeie vriende. By RSG sal jy Ettienne op ‘n Maandagaand kry, waar hy als van Rock, Alternatief, Dans en selfs die ou Afrikaanse musiek opdis. Hy is ook betrokke by Spitstyd- Sport op Maandae en Dinsdae.