Verenzo Jagens

Met sy Sandveld-wortels bring Verenzo Jagens warmte en egtheid na die radiogolwe. Hy is ’n jong joernalis wat glo dat stories die krag het om mense nader aan mekaar te bring. Sy passie vir radio het reeds in die laerskool begin. Hy beskryf radio as die plek waar hy nooit “werk” nie, maar speel met woorde en klank.