Skip to content

Barrie Ferreira

AANBIEDERS​

Barrie Ferreira

Barrie is een van die aanbieders van RSG se opvoedkundige jeugprogram, Kompas. Hy het nog altyd ‘n passie vir die media gehad, en is die gemaklikste agter ‘n mikrofoon. Die persoonlike konneksie wat ‘n mens het met ‘n luisteraar, maak nie saak waar hulle mag wees nie, is wat hy die meeste geniet van dié medium. Wanneer Barrie nie ‘n omroeper is nie, is hy gewoonlik in die omgewing van een of ander duur supermotor.

Motors is nog altyd een van Barrie se grootste passies, en hy was al in van die wêreld se mees eksklusiewe en duurste motors. Hierdie stokperdjie is iets wat hy deur middel van sy YouTube-kanaal met die wêreld deel. Sy liefde vir musiek speel ook ‘n groot rol in sy lewe. Hy het al menige toekennings gewen vir sy stort-optredes - iets waarvan talle sjampoebottels kan getuig!

Deel nou