Skip to content

Chrislynn Sias-Louw

AANBIEDERS​

Chrislynn Sias-Louw

Chrislynn Sias-Louw is ‘n gesoute en deurwinterde joernalis asook aanbieder en samesteller van KOMPAS op RSG. Sy was al werksaam by die Son, Kuier, Huisgenoot, Rapport en Weekend Argus. Sy is tans ‘n joernalis by die Son-koerant, waar sy fokus op harde nuus en vermaakstories. Chrislynn werk ook as ‘n inhoudsvervaardiger en -koördineerder vir die Afrikaanse geselsprogram, Sê Jou Sê op kykNET & KIE. Sy het ‘n Junior Koker-toekenning gekry by die Afrikaanse Taalraad vir haar werk in Afrikaans en die bevordering van die taal.

Deel nou