AANBIEDERS
Eddie de Jager
Eddie is ‘n ware verkleurmannetjie in die wêreld van vermaak. Jy sal hom soms op die verhoog sien, of voor ‘n kamera, of agter ‘n mikrofoon as akteur en aanbieder. Sy liefde vir musiek kom tot uiting deur die klavier, viool en sang. Hy het ook ‘n besondere belangstelling in aktuele sake, geskiedenis, vliegtuie en ruimtevaart, skepe en argitektuur. By RSG is hy die hand agter die skerms, waar hy help met elke dramaseisoen, vervolgverhaal en ander drama-inhoud wat uitgesaai word. Kortom, Eddie is ‘n storieverteller in murg en been, en hy bring verhale tot lewe deur verskeie mediums. In sy vrye tyd is hy ‘n toegewyde man, liefdevolle pa en iemand wat saam met sy familie sport, kultuur en vakansies geniet.