AANBIEDERS
Eloise Cupido
Eloise Cupido is al vir dekades ’n bekende stem op RSG, met ’n ryk geskiedenis van radiodramas en boekvoorlesings. Sedert 2022 is sy trots om deel te wees van die Op-Lug-span.
Vir haar is dit ’n groot voorreg om daagliks met ’n smorgasbord van uiteenlopende gaste oor die lewe, liefde en alles tussenin te gesels. Sy is ’n passievolle, borrelende en veeltalige (Afrikaans, Engels, Frans en Duits) mens wat sorg dat almal wat haar teëkom, kosbaar en gekoester voel.
Eloise is lief vir lag, gesels, kosmaak, bak en eet. Sy woon graag Zumba-klasse by, want sy kan nie musiek, ritme of danspassies weerstaan nie, dit laat haar lewenslus bruis. Sy skroom nie om oor moeilike onderwerpe te praat nie. Weg van die werk is sy die dankbare ma van ’n gesonde, woelige jong seuntjie wat haar flink op haar tone hou.