Skip to content

Haidee Muller-Isaacs

AANBIEDERS​

Haidee Muller-Isaacs

Haidee is gebore in Oudtshoorn en het ná ’n dekade as joernalis by Huisgenoot haar ware passie gevind – radiowerk. Sy glo elke mens het ’n storie, en vertel graag dié van Jan Alleman in driesestig, wat sy self opneem en vervaardig. Sy maak ook dokumentêre programme vir RSG en is die aanbieder van Oppiradio en Hartsnommertjies, waar haar liefde vir musiek duidelik deurkom. Musiek, sê sy, is voedsel vir die siel, iets wat haar pa haar geleer het. Haidee het ’n BA-graad in politiek en sielkunde aan Rhodes en later ’n BPhil in Joernalistiek aan Stellenbosch verwerf. Ná haar joernalistieke loopbaan by Huisgenoot het sy in 2013 by RSG aangesluit. Buiten radio, verskyn sy soms op TV, skryf vir publikasies, en versamel ywerig musiek. Sy hou van uiteet, is mal oor resepteboeke (maar volg dit selde) en sal nooit nee sê vir ’n bord kerrie nie.

Deel nou