AANBIEDERS
Johan Pretorius
Johan is ’n boorling van Brits in Noordwes en ’n sportliefhebber van kleins af. Hy het in 2008 ’n graad in Sportwetenskap aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sedert 2013 is hy ’n voltydse verkoopskonsultant in mediese toerusting in Pretoria. Sy uitsaailoopbaan het in 2017 begin as vryskut-rugbykommentator vir skole en klubs, en in 2018 het hy sy stem ook op radio begin uitleen.
Johan is tans een van SuperSport Schools se Afrikaanse kommentators en sedert April 2023 deel van RSG se Op-en-Wakker-sportspan. Hy is ook ’n rugbykommentator vir RSG en het sy debuut op nasionale vlak gemaak tydens die 2023 Rugbywêreldbeker in die wedstryd tussen Suid-Afrika en Skotland. Rugby-uitsendings is sy passie, en hy streef daarna om ’n verskil te maak as Afrikaanse kommentator. Johan is ’n familiemens, getroud, en pa van twee. In sy vrye tyd geniet hy die bosveld, braai saam geliefdes en begin sy oggend graag met ’n cappuccino – een en ’n half suiker, asseblief!