AANBIEDERS
Johan van Lill
Johan is ’n opvoedkundige met verskeie kwalifikasies en een van die min mans in Suid-Afrika met grondslagfase onderwyskwalifikasies. Hy het uitgebreide ervaring in die ontwikkeling van kurrikulummateriaal en die skryf van opvoedkundige reekse vir laer- en hoërskole.
Johan skryf gereeld oor wiskunde- en leesontwikkeling by kinders en is die opvoedkundige konsultant vir HIP2B², ’n projek wat fokus op die bevordering van wetenskap, tegnologie, wiskunde en entrepreneurskap.
Hy spesialiseer in die opleiding van ouers en onderwysers om kinders optimaal voor te berei vir formele leer. Johan is ook ’n ervare motiveringspreker, radio-aanbieder, uitgewer en inhoudontwikkelaar, met spesialiskennis in geletterdheid, e-leer, mediageletterdheid en tegnologie. Hy is ’n gesogte skrywer en gewilde spreker in die opvoedkundige wêreld.