Skip to content

Lise Roberts

AANBIEDERS​

Lise Roberts

Lise het in 2010 as mede-aanbieder van RSG Landbou begin. Haar mentor, Hennie Maas, het haar tot 2021 onder sy vlerk geneem. “Gesels met boere vir nuwe moed en krag, want hulle het altyd hoop,” sê Lise. Sy het ‘n positiewe uitkyk op die lewe, en 'n passie vir Suid-Afrika se landbou en die mense wat daarin en daarvoor werk. Sy is ’n bekende gesig by landbougeleenthede en word allerweë geag as ’n gesoute en kundige landbou-omroeper. Landbou is só divers en daarom is elke program anders. Lise werk tans onder die Plaas Media-sambreel en geniet die verskeidenheid wat die maatskappy se voetspoor na RSG Landbou bring.

Deel nou