AANBIEDERS
Lise Swart
Lise is die vervaardiger en aanbieder van die weeklikse programme, Wie is ek? en Hoe verklaar jy dit? Sy erken dat sy ‘n “nerd” is met ‘n enorme liefde vir die wetenskap en menslike gedrag. Haar ander belangstellings sluit in musiek en baie koffie, en as sy elke dag ‘n tamatie en kaas roosterbroodjie kon eet, sou sy.
Sy is getroud met ‘n Belg, en saam woon hulle in die Wes-Kaap, by die see, met hulle twee katte. “Om deel te wees van die beste radiofamilie in Suid-Afrika is ‘n reuse eer, en ek hoop om nog lank ‘n pad saam met ons luisteraars te stap.”