Skip to content

Marí Hudson

AANBIEDERS​

Marí Hudson

Mari is ’n gesoute mediese joernalis wat spesialiseer in die dekodering van komplekse mediese inligting vir sowel dokters as die breër publiek. Sy het op Kirkwood in die Oos-Kaap grootgeword en beskik oor ’n BSc Honneursgraad in Mediese Wetenskap van die Universiteit van Stellenbosch, met genetika as hoofrigting.

Haar agtergrond in biochemie, fisiologie en farmakologie het haar gehelp om mediese konsepte maklik verstaanbaar te maak. Mari was voorheen mediese verslaggewer vir Die Burger, deeltydse lektor aan US, en stigtersredakteur van Health24.com. Sy het ook by Huisgenoot Pols, You Pulse en What’s New Doc? betrokke was. Sy is tans direkteur en redakteur van The Good Doctors, ’n organisasie wat akkurate mediese inligting publiseer vir dokters en die publiek.

Mari is die ontvanger van sowat 20 plaaslike en internasionale joernalistiektoekennings. Buiten die werk, het sy ’n liefde vir opera, veral Franse komponiste, en ’n sagte plekkie vir ouer mense.

Deel nou