AANBIEDERS
Pieter Steyn
Pieter is die inhoudsregisseur van Op en Wakker, ’n ervare joernalis en storiesverteller met ’n loopbaan wat in 2005 begin het. Sy medialoopbaan het begin met kliëntediens by Volksblad, waarna hy in die bemarking- en sirkulasieafdelings werk voor ’n skuif na die nuuskantoor. Hy het ook by Huisgenoot, Beeld, Netwerk24 en Rapport gewerk en was ses jaar lank inhoudsredakteur van Prontuit op kykNET. Deesdae dien hy as inhoudskonsultant vir Prontuit en ander kykNET-programme.
Pieter is bekroon met verskeie Vodacom Joernalis van die Jaar-toekennings, ATKV-Mediaveertjies en ander onderskeidings. Internasionaal het hy ondervinding opgedoen by The Guardian en Associated Press in Londen (2012), en was hy Media24 se joernalis-in-residensie in Amsterdam (2016). Hy het ’n besondere liefde vir Suid-Afrika se droë streke, veral die Kalahari en die Bosveld. Pieter geniet lekker rooiwyn as een van sy “skelm passies.”