AANBIEDERS
Udo Carelse
Toe die rooi lig vir die eerste keer aanskakel, het Udo Carelse geweet sy toekoms lê in die media. Dit was 22 jaar gelede by KFM. Sedertdien het hy ’n indrukwekkende loopbaan opgebou as nuusredakteur by YFM en nuus- en aktualiteitsaanbieder en redakteur by 702 en Cape Talk. Sy liefde vir sport het hom op eTV en Supersport laat aanbied en regisseer, en hom na Olimpiese Spele en wêreldbekers regoor die wêreld geneem.
Ná 15 jaar buite die SAUK, is hy terug as sportkommentator by SABC Sport en aanbieder van The Weekend View op SAFM en Monitor op RSG. Udo is ’n trotse seun van Atlantis in die Wes-Kaap, en leef met die leuse: Dum Spiro Spero, “Terwyl ek asemhaal, bly ek hoopvol.”