Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Die Staatsdienspensioenfonds – Deel 23
Só gaan Bakgat-beskuit vir liefdadigheid versprei word
Meer as 1 500 inskrywings, meer as ‘n halwe ton beskuit – dit is meer as 36 000 stukkies beskuit! Noudat die baie suksesvolle Bakgat-beskuitkompetisie afgehandel is, moet die verspreiding van die duisende stukkies beskuit gedoen word. Om RSG en Virseker daarmee te help, het die liefdadigheidsorganisasie, MES, ingestem om die beskuit aan behoeftiges te versprei. MES se bestuurshoof, Leona Pienaar, sluit by ons aan.
Historiese Almanak 18 November 2024
Sakenuus 18 November 2024
SA’ner se baanbrekernavorsing oor antibiotika-weerstandigheid
Volgens die Wêreld-gesondheidsorganisasie is weerstand teen antibiotika een van die grootste gevare in openbare gesondheid met sowat 1,3 miljoen mense wat in 2019 as gevolg daarvan gesterf het. ‘n Suid-Afrikaanse navorser in Swede het onlangs sowat R10 miljoen ontvang vir sy navorsing oor antibiotika-weerstandigheid en rare aardmetale. Dr. Roelof Coertze is ‘n navorser by die Universiteit van Gothenburg in Swede, wat hierdie navorsing doen
In die kollig 1 – 18 November 2024
Lugmag, Vloot in groot gemors
Suid-Afrika het ‘n kuslyn van meer as 2 800 kilometer, en ‘n ekslusiewe ekonomiese sone in die oseaan van ongeveer 1,5 miljoen vierkante kilometer, groter as Suid-Afrika se landoppervlakte, wat deur die Vloot bedien en beskerm moet word. In ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag, het die Minister van Verdediging, Angie Motsekga ‘n baie donker prentjie geskets oor wat in die Vloot en Lugmag aangaan. Ons praat hieroor met die vryskutjoernalis wat hieroor en oor ander sake vir Rapport berig het, Erika Gibson.








